Saturday 25 November 2017

PÊREL VIR ELKE DAG. /. PEARL FOR EACH DAY. M

Vrydag 1 Desember 2017. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 10:29-37)

29. Maar hy wou homself regverdig en sê vir Jesus: "En wie is my naaste?"

30. En Jesus antwoord en sê: "'n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo, en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê. 

31. "En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby. 

32. "En net so het 'n Leviet by dié plek gekom en hom gesien, en anderkant verbygegaan. 

33. "Maar 'n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, 

34. en na hom gegaan, sy wonde verbind, en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp, en hom na 'n herberg geneem en vir hom gesorg. 

35. "En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: 'Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.'

36. "Wie dan van hierdie drie dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?"

37. En hy antwoord: 'Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het.'

Toe sê Jesus vir hom: "Gaan, en doen jy net so."


Friday 1 December 2017. 

PEARL FOR EACH DAY:

(Luke 10:29-37)

29. But he, wanting to justify himself, said to Jesus: "And who is my neighbour?"

30. Then Jesus answered and said: "A certain man went down from Jerusalem to Jericho, and fell among thieves, who stripped him of his clothing, wounded him, and departed, leaving him half dead. 

31. "Now by chance a certain priest came down that road. And when he saw him, passed by on the other side. 

32. "Likewise a Levite, when he arrived at the place, came and looked, and passed by on the other side. 

33. "But a certain Samaritan, as he journeyed, came where he was. And when he saw him, he had compassion. 

34. "So he went to him and bandaged his wounds, pouring oil and wine; and set him on his own animal, brought him to an inn, and took care of him. 

35. "On the next day, when he departed, he took out two denarii, gave them to the innkeeper, and said to him:



: 'Take care of him, and whatever more you spend, when I come again, I will repay you.' 
36. "So which of these three do you think was neighbour to him who fell among the thieves?"

37. And he said: "He who showed mercy on him." Then Jesus said to him: "Go and do likewise."


(Ek vertrou die Heilige Gees van God om die korrekte Skriflesing gedeelte aan my deur te gee elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. 

Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, lofprysing, aanbidding en danksegging van nou, tot in ewigheid. 

/  

I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the appropriate section of Scripture to me every day, according to your needs and expectations. 

To Him be all glory, honour, power, might, praise, worship and thanksgiving now, and forever more.)


No comments:

Post a Comment